SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1Prevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South AfricaA woman-centred childbirth model author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

OLDEWAGE-THERON, Wilna  and  SLABBERT, Tielman J.C.. Depth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

Ten spyte van die groot hoeveelheid mense wat steeds wêrelwyd in armoede leef, duur die debat oor die definisie en betekenis van armoede nog altyd voort. Daar word twee definitiewe probleme met die meting van armoede ervaar, naamlik die identifisering van die armes in 'n gemeenskap, en die ontwikkeling van 'n indeks vir die meet van armoede. Die hoofdoel van hierdie studie was om 'n armoedemodel vir die dieptemeting van armoede in 'n informele nedersetting in die Vaal-area toe te pas, en om die impak van moontlike aktiwiteite wat inkomste genereer in dieselfde gemeenskap te bepaal. 'n Vraelys wat ontwerp is om armoede aan te dui en te meet is ewekansig aan 429 huishoudings in die informele nedersetting uitgedeel om te voltooi en die armoedemodel is toegepas om die diepte van armoede te meet. Die resultate het getoon dat 286 huishoudings in armoede leef. Die impak van ekstra inkomste op armoedevlakke is in die 286 huishoudings bepaal. Die resultate het verder getoon dat die werkloosheidsvlak 91% was en dat die gemiddelde maandelikse huishoudelike inkomste R612.50 was. Die gemiddelde armoedegaping was R1017.21, met 'n armoedegapingverhouding van 56%. Die armoedemodel het getoon dat 'n verhoging van R500 in maandelikse huishoudelike inkomste die armoedegapingverhouding na 35% verlaag het. Die resultate het bewys dat hierdie 'n armoedige gemeenskap met kroniese voedselonsekerheid was. Die uitkoms van die studie sal gebruik word vir die beplanning en implementering van gemeenskapgebaseerde ingrypings om volhoubare inkomste te genereer om stedelike voedselsekerheid te bevorder en die armoede in hierdie gemeenskap te verlig.

Keywords : household; food insecurity; informal settlements; poverty; socio-demographics.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License