SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectivesDepth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SAMUEL, Folake O. et al. Prevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

Die doel van hierdie dwarsdeursnitstudie was die bepaling van die risiko van 'n sinktekort in 'n ewekansige steekproef van 7 tot 11 jaar-oue kinders, woonagtig in 'n arm, voorstedelike informele woonbuurt in Suid Afrika. Dieetinnames van 149 respondente is geëvalueer deur 24-uur herroep en kwantitatiewe voedselfrekwensie vraelyste. Antropometriese en biochemiese indikatore van 'n kleiner steekproef van 113 is ook bepaal. Beskrywende statistiek, analise van variansie en Pearsonkorrelasies is bepaal deur die Statistical Package for Social Sciences, uitgawe 14.0. Antropometriese data is geanaliseer deur die statistiese program, Anthro plus, uitgawe 1.0.2, van die Wêreld Gesondheid Organisasie. Dieetdata is met behulp van FoodFinder® uitgawe 3 geanaliseer. Die gemiddelde ouderdom van die kinders was 9.0±1.1 jaar. Min sinkryke voedselbronne is in die hoofsaaklik plantryke dieet waargeneem. Die gemiddelde sinkinname was 4.6±2.2 mg/dag en die gemiddelde serumsinkwaarde was 66.4±21.5 µg/dL, met 46% van die kinders se waardes onder die 70 µg/dL afsnypunt. Die bevindings dui op 'n hoë risiko vir sinktekort en suboptimale sinkstatus vir die meerderheid van hierdie kinders, moontlik as gevolg van die swak inname van voedselbronne met hoë biobeskikbare sink, wat gewoonlik 'n direkte gevolg van armoede en huishoudelike voedsel insekuriteit is.

Keywords : deficiency; diet; poverty; vulnerable; zinc; prevalence.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License