SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

MUCHIRI, Jane W.; GERICKE, Gerda  e  RHEEDER, Paul. Elements of effective nutrition education for adults with diabetes mellitus in resource-poor settings: A review. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.156-164. ISSN 2071-9736.

Hierdie artikel beklemtoon die sleutelfaktore wat in oorweging geneem moet word wanneer 'n ef-fektiewe voedingsopleidingprogram vir volwassenes met tipe 2-diabetes uit hulpbron-arm agter-gronde beplan word. Tipe 2-diabetes is besig om globaal tot epidemiese vlakke toe te neem. Lae sosio-ekonomiese status word geassosieer met swakker gesondheidsresultate en 'n hoër ekonomiese las. Dieetnakoming word deur persone met diabetes as die moeilikste selfversorgingsgebied uitgewys. Doeltreffende voedingsopleiding bereik die gewenste doelwitte en resultate wat toepaslike veranderings in dieetgedrag, verbeterde glisemiese beheer, verbeterde bloedlipiede, bloeddruk en liggaams-gewig, en verbeterde potensiële bemiddelaars (kennis, vaardighede en houdings), insluit. Elemente wat tot 'n suksesvolle voedingsopleidingprogram bydra, sluit ingrypings in wat geskoei is op die behoeftes, vaardighede en sosiaal-kulturele konteks van die teikengroep, aktiewe betrekking van die pasient, gebruik van 'n benadering wat ingestel is op gedrag en gegrond is op toepaslike teorie, toepaslike metodes van aflewering en individuele/groepbenaderings, geskikte duur en kontaktyd (> 10 uur), een wat vir sosiale ondersteuning en opvolgintervensie sorg, en deur 'n bedrewe verskaffer bemiddel word. Om diabetiese individue uit hulpbron-arm agtergronde op te lei in voeding is 'n uitdagende taak wat vindingryke en bedrewe opvoeders verg. Hierdie opvoeders moet sensitief wees vir die unieke behoeftes van die teikengroep en toepaslike benaderings volg om genoemde behoeftes aan te spreek.

Palavras-chave : type 2 diabetes; low-income; nutrition education; effectiveness; self-management education.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons