SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

VAN DYK, Ellie C.; VAN RENSBURG, Gisela H.  y  TJALLINKS, Juanita E.. The experiences of remaining nurse tutors during the transformation of nursing colleges. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.135-143. ISSN 2071-9736.

Die transformasie van die openbare dienste en onderwys in Suid-Afrika vorm deel van die politieke en sosio-ekonomiese oorgang tot demokrasie. Veranderinge vind plaas op elke terrein, wat ook gesondheidsdienste insluit. 'n Kwalitatiewe studie is onderneem om die belewing van die oorblywende verpleegdosente verbonde aan 'n verplegingskool te ondersoek te midde van die transformasie van verpleegkolleges en personeelvermindering wat plaasvind. Die studie het beoog om die belewing van indiwidue gedurende veranderinge by hul werksomgewing te beskryf, met die doel om by te dra tot aanbevelings wat personeel sou kon help om transformasie en personeelvermindering by die werkplek te 'oorleef'. Drie temas het uit die narratiewe beskrywings en ongestruktureerde in-diepte onderhoude na vore gekom. Die eerste tema, affektiewe response, sluit in emosies, lae moraal, depressiewe gemoed en angs wat deur transformasie en personeelvermindering veroorsaak word. Die tweede tema, kognitiewe en perseptuele betekenis, toon die gedagtes, oortuigings en menings van oorblywende verpleegdosente rakende die transformasie en personeelvermindering aan. Persepsies en opinies van hoe verpleegonderrig en menslike waardigheid geraak is, is ook weergegee. Die derde tema toon die hanteringsresponse, wat werkverwante, persoonlike en sosiale aanpassings van verpleegdosente gedurende die transformasie van verpleegkolleges beskryf. Daar word aanbeveel dat goeie kommunikasie en deelname in die berading van verpleegdosente gehandhaaf word.

Palabras clave : coping responses; downsizing; last in; first out (LIFO); nursing colleges; transformation.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons