SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1Comparison of three school feeding strategies for primary school chidren in an informal settlement in Gauteng, South AfricaNurses' perceptions about Botswana patients' anti-retroviral therapy adherence índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 1025-9848

Resumo

AUGUSTYN, Jean E.; EHLERS, Valerie J.  e  HATTINGH, Susanna P.. Nurses' and doctors' perceptions regarding the implementation of a triage system in an emergency unit in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp. 104-111. ISSN 1025-9848.

Triage assessering van pasiënte met hulle aankoms by 'n ongeluk/noodeenheid is 'n noodsaaklike funksie van noodsorgvoorsiening, en is 'n koste-effektiewe en tydbesparende onderneming. Hierdie studie het die persepsies van dokters en verpleegkundiges ondersoek betreffende die implementering van die Cape Triage Score in een noodeenheid. Die uitdagings wat ervaar is voor die implementering van die Cape Triage Score, die rolle en kernvaardighede van die triage verpleegkundige asook die swak en sterk punte van die Cape Triage Score is aangespreek. In hierdie beskrywende, kwantitatiewe en verkennende studie het 15 verpleegkundiges en dokters vraelyste voltooi. Uitdagings het verminder en die prioritisering van die pasiënte het verbeter na die implementering van die Cape Triage Score. Ander sterk punte van die stelsel het ingesluit dat die triage verpleegkundige die pasiënte geprioritiseer het, nie die ontvangsdame of die administratiewe personeel nie, en verpleegkundiges kon voorlopige ondersoeke doen sonder om op doktersbevele te wag. Die swakhede van die geïmplementeerde Cape Triage Score het ingesluit dat dit nog nie ten volle 100% van die tyd gefunksioneer het nie, en dat dit moeilik was om triage gedurende spitstye te handhaaf as gevolg van 'n tekort aan verpleegkundiges. Die aanbevelings het ingesluit dat bestuur oortuig moet word van die voordele van die stelsel, verpleegkundiges triage funksies op 'n rotasiebasis moet uitvoer, meer verpleegkundiges beskikbaar moet wees gedurende spitstye; en dat administratiewe en ontvangspersoneel ook georiënteer moet word ten opsigte van die triage stelsel.

Palavras-chave : Cape Triage Score; emergency unit; nurse triage; trauma nursing; triage system.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License