SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

NAPIER, Carin; OLDEWAGE-THERON, Wilna  and  KEARNEY, Jeanette. Comparison of three school feeding strategies for primary school chidren in an informal settlement in Gauteng, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.96-103. ISSN 2071-9736.

Die doel van die studie was om die impak van drie skoolvoedingstrategieë op die voedingstatus van ses tot dertien jaar oue laerskoolkinders in 'n informele nedersetting in Gauteng te bepaal. Die metodes het die volgende ingesluit: dieetopnames, antropometriese en biochemiese metings in 'n steekproef van 160 laerskoolkinders, wat ewekansig in drie skoolvoedingintervensiegroepe verdeel is. Die groepe het bestaan uit 'n volkoring sardyn-en-spinasie-vetkoek groep (n=60), die Government Primary School Nutrition Programme (PSNP) groep (n=60), en 'n vrugtegroep (n=40) wat hierdie items elke dag vir sewe maande, behalwe vir skoolvakansies en naweke, ontvang het. Die antropometriese metings voor die intervensie het bevind dat 13.6%, 20.9% en 10.8% van die kinders ondergewig (<5de persentiel vir gewig-vir-ouderdom) was in die vetkoek-, PSNP- en vrugtegroep, respektiewelik, en 17.3%, 23.6% en 5.2% se groei is belemmer (<5de persentiel vir lengte-vir-ouderdom). Die na-intervensieresultate het aangedui dat die kinders in al drie die groepe se gewig, lengte, sowel as sink en ysterinname betekenisvol verbeter het. Die resultate van hierdie studie het aangetoon dat al drie die voedingstrategieë bygedra het tot 'n verbeterde voedingstatus. Die voorsiening van vrugte as 'n skoolvoedingstrategie is egter bekostigbaar en maklik om te implementeer. Meer navorsing om die impak op die langtermyn te toets, word aanbeveel.

Keywords : primary school children; South Africa; school feeding; nutritional status; malnutrition.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License