SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

BOTHA, Anja; VAN DEN BERG, Henriëtte S.  e  VENTER, Chris A.V.. The relationship between family-of-origin and marital satisfaction. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.60-66. ISSN 2071-9736.

Die doel van hierdie artikel is om die verwantskap tussen huweliksbevrediging en gesin-van-oorsprong-faktore onder pare met kinders te ondersoek. Locke en Wallace se Marital Adjustment Test en die McMaster Family Assessment Device is gebruik om onderskeidelik huweliksbevrediging en gesin-van-oorsprong-faktore te meet. Gesin-van-oorsprong-faktore, soos probleemoplossing, kommunikasie, rolle, affektiewe betrokkenheid en gedragsbeheer is ondersoek. Die steekproef het uit 47 getroude pare bestaan. 'n Beduidende verwantskap is tussen rolle en affektiewe responsiwiteit as gesin-van-oorsprong-faktore en huweliksbevrediging gevind, terwyl rolle as 'n gesin-van-oorsprong-faktor 'n belangrike rol in die vrou sowel as die man se huweliksbevrediging gespeel het. Die bevindinge beklemtoon die belangrikheid van funksionering in die gesin van oorsprong as 'n potensiële determinant van toekomstige huweliksbevrediging.

Palavras-chave : family-of-origin; marital satisfaction; Locke and Wallace's Marital Adjustment Test; McMaster Family Assessment Device; wellness.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons