SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

VAN ROOYEN, Magdalena (Dalena); WILLIAMS, Margaret  e  RICKS, Essie. Caring for terminal AIDS patients: The experiences of caregivers in a palliative care institution. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.49-59. ISSN 2071-9736.

Die fokus van hierdie navorsing was op die beleefde ervaringe van die versorgers wat met Verworwe Immuniteitsgebreksindroom pasiënte werk, veral pasiënte wat sterf aan die siekte terwyl hulle in 'n formele inrigting is. 'n Kwalitatiewe, eksploratiewe, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp met 'n fenomenologiese benadering was gebruik. 13 ongestruktueërde onderhoude, wat op 'n audioband opgeneem was is gehou met versorgers wat voltyds in 'n formele inrigting sorg vir pasiënte wat aan VIGS sterf werk. Tesch se metode van beskrywende analise was gebruik om die transkribeerde onderhoude te analiseer (in Cresswell 1994:115). Een sentrale tema het na vore gekom, naamlik dat versorgers tydens die uitvoering van hulle daaglikse pligte (in die werk) 'n verskeidenheid uitdagings ondervind het as gevolg van hul pasiënte wat sterf van VIGS en vyf sub-temas is geformuleer deur verdure analise. Hierdie vyf sub-temas was: •Versorgers ervaar emosionele uitdagings tydings die versorging van pasiënte wat van VIGS sterf •Versorgers ervaar n verskil in die dood en sterfte van volwassesnes teenoor die van kinders •Versorgers ervaar die rasionaliseering van dood en sterfte verskillend •Versorgers ervaar dat vertroue in God hulle krag gee om die dood en sterfte beter te hanteer •Versorgers ervaar dat die versorging van pasiënte wat sterf of sterwend is vervullend is ten spyte van die hartseer van dood en sterfte. Die deelnamers ervaar die dood van hul pasiënte daagliks van 'n siekte wat ongetelde lyding vir hulself, die pasiënt en hul familie veroorsaak. Die versorgers wens dat hulle kon die angs en die pyn voorkom, sowel as die ombekwaamheid van die mediese beroep om huidiglik meer te kan doen om die siekte te genees. Hulle beskryf hul emosionele ervaringe wat die verskillende uitdagings wat hul ervaar as gevolg van hul betrokkenheid by die dood en afsterwe van hul pasiënte aan VIGS. Die inligting wat deur hierdie deelnemers gedeel word, vorm die basis van die ontwikkeling van breë riglyne om die versorgers te ondersteun.

Palavras-chave : AIDS patients; palliative care; care givers; hospices; terminal illness.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons