SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

DU PLESSIS, Diana. Breastfeeding: Mothers and health practitioners in the context of private medical care in Gauteng. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.39-48. ISSN 2071-9736.

Ten spyte van die goed gedokumenteerde gesondheidsvoordele van borsvoeding en die aanbevelings van die Departement van Gesondheid dat vroue vir ongeveer die eerste ses weke tot een jaar uitsluitlik moet borsvoed, word gevind dat 'n groot aantal Suid-Afrikaanse vroue hul babas nie borsvoed nie, of slegs vir 'n kort tydperk borsvoed. Geen nasionale Suid-Afrikaanse statistiek is beskikbaar nie, maar 64% van moeders wat 'n babakliniek besoek het op die Wes Rand in Gauteng borsvoed steeds op ses weke, waarna die aantal borsvoedende moeders verminder tot minder as 20% op drie maande (Truter 2007). Verskeie studies het die houding van gesondheidspersoneel ten opsigte van borsvoeding bepaal, maar min is bekend oor die tipe inligting wat deur die mediese praktisyn aangebied word. Hierdie praktisyn het eerstehandse kontak met die kliente en mag inligting aanbied wat borsvoeding kan bevorder of belemmer. Die volgende vraag is dus geformuleer: Met betrekking tot borsvoeding, wat is die beperkinge in privaat praktyk? Die doel van hierdie studie was om vas te stel watter borsvoedinginligting deur gesondheidspersoneel in privaatpraktyk aan swanger vroue oorgedra word. Die doelwitte van die studie was om die aanbevelings om te borsvoed te bepaal, om die behandeling en sorg in die spreekkamer van die geneesheer te beraam, en om die vroue se belewenisse van borsvoeding in privaat hospitale te ondersoek. In Fase 1 van die studie het die populasie bestaan uit alle moeders wat 'n ondersteuningsgroep by 'n privaat nageboortekliniek bygewoon het. In Fase 2 was die populasie alle moeders wat 'n ondersteuningsgroep bygewoon het en 'n babakliniek besoek het. Die steekproef het bestaan uit alle primigravidae wat borsvoed of probeer het om te borsvoed gedurende die eerste ses weke. Doelgerigte gerieflikheidssteekproef neming, soos beskryf deur Babbie and Mouton (2002:166), is in albei fases van die studie gebruik. Alle deelnemers het 'n ginekoloog as primêre sorggewer gebruik en het in verskillende Johannesburgse hospitale gekraam. Data is deur middel van anonieme vraelyste, saamgestel uit nasionale en internasionale literatuur, ingesamel sowel as deur middel van persoonlike onderhoude. Data vanaf die vraelyste is deur die navorser ontleed en beskrywende statistiek is toegepas. Die onderhoude is ontleed volgens die beskrywende analise voorgestel deur Tesch (in Creswell, 1994:155). Temas is saamgevoeg en gekodeer.'n Mede-kodeerder was behulpsaam met die ontleding van die transkripsies van die onderhoude. Literatuur is aangewend as kontrole om die bevindinge te valideer. Etiese oorwegings is gebaseer op die DENOSA Etiese Standaarde vir Verpleegnavorsers (1998:2.3.2-2.3.4). Temas en subtemas is geïdentifiseer.

Keywords : breastfeeding; Gauteng province; South Africa; paediatric nutrition; postnatal care.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License