SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

FRANK, Janice  and  DUNCAN, Norman. Speaking to experts and patients: Recommendations for improving antiretroviral therapy (ART) adherence. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.20-28. ISSN 2071-9736.

Gesprekke met kundiges en pasiënte: Aanbevelings ter verbetering van ART-nakoming. Hierdie artikel doen verslag oor die bevindinge van 'n studie wat kundiges en pasiënte se menings en aanbevelings ten opsigte van die nakoming van antiretrovirale medikasievoorskrifte ondersoek het. Die studie is in die eerste plek uitgevoer na aanleiding van die gebrek aan bestaande plaaslike navorsing oor die nakoming van antiretrovirale terapie (ART) en in die tweede plek na aanleiding van die belangrikheid van nakoming in die lig van die onlangse bekendstelling van ART in die openbaregesondheidsektor. Onderhoude is met vier kundiges en sewe pasiënte gevoer. Die kundiges het vir ten minste twee jaar binne die MIV/Vigs-omgewing gewerk en die pasiënte (wat uit die openbare antiretrovirale bekendstellingsprogramme gekies is) het ten minste ses maande van ART-terapie ondergaan. Die onderhoude is getranskribeer en met die gebruik van tematiese inhoudsanalise ontleed. Hierdie artikel fokus spesifiek op die aanbevelings vir die verbetering van nakoming wat uit die onderhoude met die kundiges en die pasiënte gespruit het. Terwyl die kundiges en die pasiënte twee redelik uiteenlopende stelle aanbevelings gemaak het (wat duidelik deur hulle onderskeie ondervinding en kennis beïnvloed is), het altwee groepe beklemtoon dat die bemiddelende effek van maatskaplike ondersteuning en die verhouding tussen die pasiënt en die voorsiener van gesondheidsorg 'n belangrike rol speel in die nakoming van ART-medikasievoorskrifte.

Keywords : HIV/AIDS; antiretroviral medication; experts; patients; healthcare.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License