SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

LYNCH, Ingrid; DE BRUIN, Lauren M.; CASSIMJEE, Nafisa  and  WAGNER, Claire. A qualitative investigation of south african cigarette smokers’ perceptions of fear appeal messages in anti-smoking advertising. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.13-19. ISSN 2071-9736.

Sigaretrook dra steeds 'n wêreldwye gesondheidsrisiko, met inbegrip van in ontwikkelende lande. Vrees-oproepende boodskappe word algemeen in gesondheidskommunikasie gebruik om rookgedrag te verminder, maar studies toon teenstrydige resultate rakende die doeltreffendheid daarvan. Die huidige kwalitatiewe studie ondersoek rokers se persepsies van vrees-oproepende boodskappe soos in antirook-advertensies gebruik. Fokusgroepbesprekings is met manlike en vroulike rokers in Gauteng gehou. 'n Tematiese ontleding het gevind dat deelnemers advertensies wat onrealistiese beelde gebruik, negatief beskou en dat hulle nie met die boodskap identifiseer nie. Inligting oor die risiko's geassosieer met rook is as neerbuigend gesien en dat dit rokers as onkundig en onintelligent voorstel. Verder is gevind dat vrees-oproepende boodskappe wat slegs op langtermyngevolge van rook fokus ondoeltreffend beskou word. Deelnemers het nie met inhoud geïdentifiseer wat slegs op feitlike inligting steun ten koste van 'n emotiewe beroep nie. Die bevindinge stel voor dat antirook-kommunikasie uit inhoud kan baat wat skok uitlok, sonder om realisme prys te gee. Inhoud moet oor inligting van korttermyn- en onmiddellik sigbare gevolge van rook beskik en negatiewe uitbeeldings wat rokers van die boodskap distansieer, moet vermy word.

Keywords : fear appeal; perceptions of health risk; health communication; smoking; qualitative analysis.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License