SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

BRUCE, Judith C.  and  LACK, Melanie L.. Using subjective judgement to determine the validity of a tutorial performance evaluation instrument. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.7-12. ISSN 2071-9736.

Die evaluering van studente se leervermoë is afhanklik van die waardebepalingskriteria waarvan geldige afleidings betreffende die student se leerervaring gemaak kan word. 'n Bestaande instrument met 36 items waarmee baccalaureus-verpleegkundestudente se prestasie in die probleemgebaseerde leertutoriale geëvalueer is, is aan kundiges in verpleegkunde gegee vir subjektiewe beoordeling van die geldigheid van die items. 'n Geldige meetinstrument vir die evaluering van studente se tutoriale prestasie is ontwerp deur van die kwantitatiewe ontleding van die datastelle op grond van die kundiges se oordeel gebruik te maak. Die doelwitte van die studie was om die inhoudsgeldigheid van items in 'n evalueringsinstrument van tutoriale prestasie te bepaal en om die konstrukgeldigheid van items te bepaal deur die gepaarde vergelyking van hoof- en sub-items in die instrument. Akademiese kundiges (n = 8) van twee Suid-Afrikaanse universiteite is deur middel van doelgerigte, maksimale variasie-steekproeftrekking geselekteer. Data is deur middel van drie rondtes van die Delphi-tegniek ingesamel, wat die subjektiewe oordeelmodel vir gepaarde vergelyking van die instrumentitems ingesluit het. Die kundiges se beoordeling is op 'n visueleanaloë-skaal vir elke item weergegee. Relatiewe itemgewigte is deur middel van gepaarde vergelyking bepaal. Statistiese ontleding het verhoudingskaaldata tot gevolg gehad, en elke item is van 'n verhouding relatief tot die gewig voorsien. Daar is bevind dat kwantitatiewe ontleding van subjektiewe beoordeling bruikbaar is om die geldigheid van 'n konstruk deur gepaarde vergelyking van items in 'n evalueringsinstrument van tutoriale prestasie te bepaal. Hierdie artikel bied die metodologiese perspektiewe van die subjektiewe beoordeling aan om die geldigheid van die instrument te bepaal.

Keywords : problem-based learning; quantitative analysis; subjective judgement; tutorial performance; validity; nursing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License