Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Health SA Gesondheid (Online)
versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848
Resumen
JACOBS, E y ROODT, G. Organisational culture of hospitals to predict turnover intentions of professional nurses. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2008, vol.13, n.1, pp.63-78. ISSN 2071-9736.
Die doel van die studie was om te bepaal of organisasiekultuur arbeidsomset-voornemens van professionele verpleegkundiges voorspel. 'n Voorspellingsmodel met organisasiekultuur en verskeie voorgestelde tussenkomende veranderlikes, naamlik kennisdeling, organisasieverbintenis, organisasie-burgerskapsgedrag en werkstevredenheid, asook verskeie demografiese veranderlikes was ontwikkel deur Algemene Liniêre Modellering. 'n Korrelasie-ontwerp met behulp van vraelyste is gebruik. 'n Steekproef van professionele verpleegkundiges (N = 530) in private en provinsiale hospitale is verkry. Die resultate toon dat organisasiekultuur betekenisvol negatief korrelleer met arbeidsomsetvoornemens. Organisasiekultuur het ook in interaksie met werkstevredenheid en kennisdeling, asook die kategorie blanke verpleegkundiges in 'n finale model arbeidsomsetvoornemens verlaag en saam met organisasie-burgerskapsgedrag arbeidsomsetvoornemens verhoog. Daar word aanbeveel dat werkgewers oorweging skenk aan intervensies wat die organisasiekultuur gunstiger maak om personeel te behou.
Palabras clave : organisational culture; turnover intentions; professional nurses; general linear modelling; retention strategy.