SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.13 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

MAPUTLE, MS  e  NOLTE, A. Mothers' experiences of labour in a tertiary care hospital. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2008, vol.13, n.1, pp.55-62. ISSN 2071-9736.

Die doel van die studie was om moeders se belewenis van kindergeboorte in 'n tersiêre hospitaal in die Limpopo Provinsie te verken en te beskryf. Dit is gedoen deur middel van kwalitatiewe navorsing wat verkennend, beskrywend, en kontekstueel was. 'n Steekproef van 24 moeders het aan die studie deelgeneem. Inligting is verkry deur middel van ongestruktureerde in-diepte onderhoude. Hierdie inligting is geanaliseer aan die hand van Tesch (1990: aangehaal in Creswell, 1994:155) se protokol. Die volgende kategorieë is geïdentifiseer, wedersydse deelname en gedeelde verantwoordelikhede, afhanklikheid en besluitneming, deel van inligting, bemagtiging tot outonomie en ingeligte keuse, oop kommunikasie en luister, akkommoderende/nie-akkommoderende vroedvrou-aksies en bevordering van menslike en materiële infrastrukture. Die resultate van die onderhoude het belewenisse blootgelê wat dui op die bevordering van afhanklikheid in vroedvrouversorging. Riglyne om hierdie afhanklikheid te verander in 'n moedergesentreerde benadering word verskaf.

Palavras-chave : experience of labour; accommodative midwifery actions; maximise human and material infrastructure; midwife; South Africa.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons