SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.13 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

THOMAS, Mary  y  GREENOP, Kirston. Caregiver experiences and perceptions of stroke. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2008, vol.13, n.1, pp.29-40. ISSN 2071-9736.

Met die toenemende voorkoms van beroerte in ontwikkelende lande bring die langdurige versorging van pasiënte met gestremdheid beduidende gevolge vir sorggewers en hulle onderskeie gesinne mee. Aangesien die sorggewer 'n sleutelrol in die rehabilitasie van die beroertepasiënt speel, behels die doelstellings van hierdie studie 'n ondersoek na die verwikkeldhede van versorging, wat sowel persepsies as ondervinding van die gesondheidsorgstelsel insluit. Semi-gestruktureerde onderhoude is aangewend om die na-beroerte ondervindings van ses sorggewers te peil. Die uitdaging wat die Suid- Afrikaanse konteks tot hierdie ondervindings meebring is ondersoek. Die data is kwalitatief deur middel van tematiese en inhoudsanalise ontleed. Prominente temas wat verbandhou met sorggewing sluit in: rolverandering en verhoudingsteurnisse binne die huisgesin, beroeps- en sosiale implikasies, uitputting, angs, depressie, eensaamheid, frustrasie sowel as finansiële probleme. Die probleme van sorggewers word vererger deur ontoereikende steunstrukture. Die resultate word binne 'n biopsigososiale benadering ontleed, en saamgevat met probleme wat sorggewers uitspreek ten opsigte van die steun wat hulle van die gesondheidsorgstelsel benodig om tuisgebaseerde sorg te kan voorsien.

Palabras clave : stroke; perceptions; caregivers; content analysis.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons