SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.13 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

PEU, MD; VAN WYK, NC  e  BOTHA, ADH. Health promotion needs of Hammanskraal families with adolescents orphaned by HIV/AIDS. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2008, vol.13, n.1, pp.14-28. ISSN 2071-9736.

Die bevordering van gesondheid is die hoeksteen van gesondheid. Dit is die aksie wat van individue en familie verwag word, sodat hulle hul eie gesondheidstoestand kan verbeter. Die bevordering van gesondheid is 'n kuns en 'n wetenskap, wat geïntegreer is in primêre gesondheidsorg, om bestaande gesondheidsprobleme te verminder (Edelman & Mandle, 2002:16). Die doel van die navorsing, waarna in hierdie artikel verwys word, was om uit te vind wat die gesondheidsorgbehoeftes van families, met adolessente wat wees gelaat is as gevolg van menslike immunogebrek virus of verworve immuungebrek sindroom (MIV/VIGS), is, en dit te beskryf. Die navorsing was binne die raamwerk van 'n kwalitatiewe paradigma, wat eksplorerend en beskrywend is. Agt families, wat vir die doel geselekteer is, het aan die navorsing deelgeneem. Kwalitatiewe metodes, soos groepsonderhoude en veldnotas, is gebruik om data in te samel. Die gesondheidsorgbehoeftes van die families, met adolessente wat wees gelaat is as gevolg van MIV/VIGS, is ondersoek en beskryf. Tesch se analiseproses, wat uit 'n aantal stappe bestaan, is gevolg (Creswell, 2003:192). Temas, kategorieë en sub-kategorieë, wat die sentrale fokus van die gesondheidsorgbehoeftes vorm, het uit die data-analise na vore gekom. Hierdie temas, kategorieë en sub-kategorieë, is gebruik om riglyne te ontwikkel vir gesondheidsbevordering.

Palavras-chave : health promotion; families; adolescents orphaned by HIV/AIDS; basic needs; rural homes.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons