SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

SA Journal of Industrial Psychology

On-line version ISSN 2071-0763
Print version ISSN 0258-5200

Abstract

PIENAAR, Cobus  and  VAN ZYL, Ebben S. Werkstresverskille tussen wit en swart middelvlakbestuurspersoneel. SA j. ind. Psychol. [online]. 2008, vol.34, n.3, pp.60-67. ISSN 2071-0763.

Die doel van die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, was om ondersoek in te stel na die verskille in werkstres tussen wit en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie. Uit vorige navorsing oor stres blyk dit dat werkstres en sielkundige uitbranding aan die toeneem is. Veranderinge binne veral die Suid-Afrikaanse politieke en ekonomiese arena het daartoe bygedra dat Suid-Afrikaanse diensorganisasies genoodsaak word om meer swart bestuurders in diens te neem. Uit die resultate blyk dit dat die swart groep statisties beduidend hoër tellings as die wit groep op stresfaktore behaal het. Op grond van bogenoemde resultate, is enkele aanbevelings gemaak.

Keywords : werkstres; stres; wit en swart middelvlakbestuurspersoneel.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License