SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Journal of Literary Studies

versión On-line ISSN 1753-5387
versión impresa ISSN 0256-4718

Resumen

MUSIYIWA, Mickias. Literature and the Battle against Covid-19 in Zimbabwe: A Study of Flight Mlambo's Digital Verse. JLS [online]. 2022, vol.38, n.1, pp.1-17. ISSN 1753-5387.  http://dx.doi.org/10.25159/1753-5387/10419.

Hierdie artikel evalueer die bydrae van digitale literatuur in die stryd teen die nuwe aansteeklike siekte, die coronavirus, met die fokus op Flight Rufaro Mlambo se digkuns van ChiNdau en Engelse uitdrukking. Sedert die siekte in November 2019 in die stad Wuhan in die Hubei-provinsie van China uitgebreek het, en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dit op 11 Maart 2020 as 'n pandemie verklaar het, word verskeie pogings op globale, streeks-, nasionale en institusionele vlakke aangewend om die siekte hok te slaan. Die gebruik van die kuberruimte om ander, nie-digitale fronte aan te vul om hierdie skynbaar ontwykende patogeen te beveg, is opvallend. Geskrewe tekste, oudio-opnames, liedjies, drama- en versvideo's is van die vele kunsvorme wat aanlyn geplaas word as wapens teen Covid-19. Die "bestaan-as-oorlog"-teorie word toegepas om Mlambo se poèsie te evalueer aan die hand van hierdie konteks waarbinne die pogings om die virus te onderdruk, teoreties gei'nterpreteer word in werklike oorlogsterme. Die oorlog se antagoniste durf regerings en alle plaaslike, streeks-en internasionale vennote aan die een kant aan, en die virus, skeptici en ontkenners aan die ander kant. Die artikel poog om die volgende vraag te beantwoord: In watter mate dien Zimbabwe se digitale literatuur teen Covid-19 as doeltreffende bewapening teen die dodelike virus wat onversetlik muteer?

Palabras clave : Covid-19; digital poetry; Zimbabwe; ChiNdau; coronavirus; pandemic; existence-as-war theory.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons