SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Journal of Literary Studies

versión On-line ISSN 1753-5387
versión impresa ISSN 0256-4718

Resumen

STOBIE, Cheryl. Imagined Identity and Human Rights in the Post-pandemic World of Lauren Beukes's Afterland. JLS [online]. 2022, vol.38, n.1, pp.1-17. ISSN 1753-5387.  http://dx.doi.org/10.25159/1753-5387/10417.

Die artikel is gemoeid met verteenwoordigende lesers se reaksies op Afterland, deur Lauren Beukes. In ooreenstemming met Beukes se reputasie is die roman met toejuiging begroet. Ander lesers het egter leemtes en negatiewe voorstellings opgemerk, wat met sukses beskou kan word vanuit die perspektief van 'n hermeneutiek van agterdog, wat 'n ontleding van die affektiewe ontvanklikheid van 'n teks moontlik maak; sowel as 'n menseregteraamwerk, wat klem lê op die reg van alle mense tot gelykheid en vryheid van vooroordeel. Die wêreld van Afterland, wat gekenmerk word deur die nadraai van die dood van die meeste mense wat 'n prostaat het, bied 'n geleentheid vir dramaties gerekonseptualiseerde geslagsrolle en -gedrag, en die moontlikheid vir lesers om die uitwerkings van transportasie in 'n verhaal in en die verligting van buite-groep-angs te ervaar. Sodanige prosesse maak vermindering van vooroordele en 'n toename in empatie moontlik. Deur gedeeltes van die roman deeglik deur te lees en veral op die geval van transgender te fokus, merk ek op dat die roman nie daarin slaag om transgender-regte as menseregte uit te beeld deur sy voorstellings en leemtes nie. Ander voorstellings van gender, seksualiteit en, in 'n mate, ras, is ook strydig met die behoefte aan verhoogde waaksaamheid oor die regte van gemarginaliseerdes en individúe wat in gevaar verkeer tydens 'n pandemie.

Palabras clave : Lauren Beukes; hermeneutics of suspicion; human rights; Afterland; gender roles; transgender; pandemic.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons