SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Journal of Literary Studies

versão On-line ISSN 1753-5387
versão impressa ISSN 0256-4718

Resumo

NABUTANYI, Edgar Fred. Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions. JLS [online]. 2022, vol.38, n.1, pp.1-15. ISSN 1753-5387.  http://dx.doi.org/10.25159/1753-5387/10413.

Soos die meeste lande op die Afrika-vasteland het Uganda onlangs met eksistensièle pandemies soos vigs, Marburg, cholera en ebola geworstel, benewens die huidige Covid-19-pandemie. Al die bogenoemde siekte-uitbrekings het dikwels ondenkbare lyding vir Uganda se bevolking meegebring. Dalk is dit die rede waarom Ugandese vakkundiges en openbare intellektuele-veral skrywers soos Mary Karooro Okurut, Moses Isegawa, Jennifer Nansubuga Makumbi, en Austin Ejeit-fiksie gebruik het om insig in die verskillende kontoere van hierdie besmettings te bied. Byvoorbeeld, in hul ondersoeke oor een van die ergste pandemies wat die Ugandese samelewing getref het, naamlik vigs, het vele skrywers 'n waarskuwende verhaalmotief en skynwaarheid die middelpunt gemaak om te wys hoe gedragsverandering die uitbreking van siektes doeltreffend kan bekamp. Hierdie artikel bou voort op dié omvattende Ugandese argief van skryfwerk oor siektes, deur te fokus op een genre van Ugandese skryfwerk-wetenskapsfiksie-wat nie veel kritiese aandag gekry het vir die bestudering van pandemies nie. Ek ondersoek hoe Dilman Dila se "A Leafy Man," "Where Rivers Go to Die" en "The Taking of Oleng" wetenskapsfiksie-stylfigure gebruik om insig oor hedendaagse Ugandese plae te bied. Ek voer aan dat Dila wetenskapsfiksie gebruik om 'n doeltreffende beeld te skep van die oorsake van hierdie katastrofiese verskynsels wat in die Ugandese openbare sfeer sirkuleer, hoe om dit te hanteer en die mites daaromtrent.

Palavras-chave : Uganda; science fiction; Dilman Dila; AIDS; pandemics; science fiction tropes; public sphere.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons