SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Journal of Literary Studies

versão On-line ISSN 1753-5387
versão impressa ISSN 0256-4718

Resumo

MANASE, Irikidzayi. Contagion, a Futurist South African Climate Crisis and a Hidden Drug Pandemic in Mohale Mashigo's Intruders: Short Stories. JLS [online]. 2022, vol.38, n.1, pp.1-16. ISSN 1753-5387.  http://dx.doi.org/10.25159/1753-5387/10411.

Hierdie artikel put uit tipologieè van besmetting-veral matrikse en patrone van virusverskynsels wat hier beskou word as stylfigure van die Bakhtiniese chronotoop. Met behulp van hierdie raamwerk ontleed dit hoe die samelewing probeer om krisisse en besmettings te beheer in Mashigo se spekulatiewe stories, "Untitled i," Untitled ii" en "Ghost Strain N." Die Foucauldiese gedagte van heterotopiese naasmekaarstelling van ruimtes komplementeer die stylfiguur van besmetting in die uitmekaarhaal van hoe Mashigo se karakters hul spesifieke vorme van rampe en epidemies teèkom op maniere wat voldoen aan-en ook breek met-massabesmettings uit die verlede. In die fokus daarvan op kontinuiteite en diskontinuiteite rakende topologieè van epidemies en pandemies, bestudeer die artikel Mashigo se gebruik van Afrika-wetenskapsfiksie en van fantasie (spekulatiewe fiksie) om die lewenservarings en vlug van 'n ontvouende klimaatramp na 'n ander sterrestelsel uit te beeld in "Untitled i" en "Untitled ii," en die verspreiding van 'n dwelmepidemie in 'n fiktiewe Johannesburgse township in "Ghost Strain N." Daar word beredeneer dat ons hierdie verhale kan verstaan deur heterotopiese verbande te bewerkstellig met die huidige Covid-19-situasie en verskeie lewensbedreigende krisisse en infeksies wat die mensdom tans in die gesig staar, in die verlede beleef het en sal teèkom namate dit met tyd beweeg en oorlewing nastreef.

Palavras-chave : Mohale Mashigo; climate crisis; Covid-19; drug pandemic; speculative fiction; South Africa.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons