SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 issue1Parallel planning mechanisms as a "recipe for disaster" author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)

On-line version ISSN 1727-3781

Abstract

BOTES, Anri  and  FOURIE, Laetitia. Werknemers as lasgewende ouers in surrogasie-aangeleenthede: Die geboorte van nuwe verlof-behoeftes in Suid-Afrika. PER [online]. 2017, vol.20, n.1, pp.1-39. ISSN 1727-3781.  http://dx.doi.org/10.17159/1727-3781/2017/v20n0a1373.

Lasgewende ouers ingevolge n surrogasie ooreenkoms beskik oor dieselfde ouerlike verpligtinge as tradisionele ouers teenoor hulle kind. Alhoewel dit waar is, word sedert die statutêre erkenning van surrogasie in die Kinderwet 38 van 2005 nog geen geskikte ouerskapverlof vir hierdie persone gebied om aan sodanige ouerlike verpligtinge te voldoen nie. Die enigste verlof tans tot lasgewende ouers se beskikking is drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof ingevolge artikel 27 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (WBDV). Dit word aan die hand gedoen dat hierdie verlof onvoldoende is. In MIA v State Information Technology Agency 2015 36 ILJ 1905 (LC) het die Arbeidshof aangetoon dat wysigings in hierdie verband aan die arbeidswetgewing noodsaaklik is ten einde die betrokke leemte aan te spreek. Die Labour Laws Amendment Bill van 2015 het sedertdien relevante wysigings aan verlof tot die WBDV voorgestel. Terwyl die vermelde wysigings verwelkom word, is die periodes en die bestuur van die verskillende tipes voorgestelde verlof kommerwekkend en behoort dit aangespreek te word. Die resente regsontwikkeling in die Verenigde Koninkryk op hierdie gebied kan as n waardevolle vergelykende maatstaf dien ten einde riglyne vir die verbetering van bogenoemde konsepwet te bied. Sodoende kan ook die Suid-Afrikaanse reg die belange van die partye tot n surrogaatooreenkoms, insluitende die van die kind daaruit gebore, na behore beskerm.

Keywords : Leave; surrogacy; Law on Basic Conditions of Employment Act; Labour Laws; Amendment Bill; surrogacy agreement; United Kingdom.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License