Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)
versão On-line ISSN 1727-3781
Resumo
DU PLESSIS, L. Theoretical (dis-) position and strategic leitmotivs in constitutional interpretation in South Africa. PER [online]. 2015, vol.18, n.5, pp.1332-1365. ISSN 1727-3781. http://dx.doi.org/10.4314/pelj.v18i5.03.
In hierdie opstel word die historiese nalatenskap wat aan ons land en mense 'n prototipiese, beregbare grondwet besorg het, in oënskou geneem. Die koms van demokrasie in Suid-Afrika het hand aan hand gegaan met 'n ommekeer in die vertolking van verordende wetstekste (insluitend die Grondwet) en 'n kritiese bevraagtekening van sekere dominante opvattings oor die vertolking van die reg oor die algemeen en verordende reg in besonder. Dusver onbenoemde of ongeëtiketteerde (maar nie geheel en al vreemde) vertolkingstrategieë (nie), nagevolg en ontwikkel deur gebruikers van die Grondwet, word bespreek met klem op regspraak van die Konstitusionele Hof. Sentraal tot die outeur se benadering is erkenning van die sleutelrol wat 'n vertolker se denkhouding in die vertolking van verordende wetstekste speel, en hierdie denkhouding kom tot uitdrukking in (vertolkende) leitmotivs. Hierdie leitmotivs herhaal hulself as sleutel- of definiërende idees, motiewe of topoi wat rigting gee aan besondere gevalle van wetsteksvertolking. Vier leitmotivs in bepaalde konstellasies van gebeure in grondwetsvertolking word bespreek en hulle toepaslikheid en nut word geëvalueer, met verwysing na voorbeelde uit ons grondwetlike presedentereg. Die betrokke leitmotivs is (i) oorganklike grondwetmatigheid; (ii) transformatiewe grondwetmatigheid; (iii) monumentale grondwetmatigheid, en (iv) kommemoratiewe (ook moontlik: kommememorabele) grondwetmatigheid. (i) en (ii) hoort saam as (A) programmatiese leitmotivs en (iii) en (iv) as (B) leitmotivs van gedenkmatige hoop. Die outeur kom tot die slotsom dat, hoewel die identifikasie van en omgang met leitmotivs 'n diepgaande lees en teksanalise vereis waarmee "logiese juriste" nie altyd gemaklik is nie, die onderneming as sodanig in verskeie opsigte lonend kan wees.
Palavras-chave : Grondwet; Grondwet; vertolking; grondwetmatige herinnering; leitmotiv - Grondwet - vertolking; monumentale grondwetmatigheid; oorganklike grondwetmatigheid; transfomatiewe grondwetmatigheid.