SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue3Karl Barth's contribution to the German Church struggle against National SocialismCelebrating communal authorship: The Theological Declaration of the Belydende Kring (1979) and the Belhar Confession author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Studia Historiae Ecclesiasticae

On-line version ISSN 2412-4265
Print version ISSN 1017-0499

Abstract

POTGIETER, Stella. Die liggaamlike misbruik van kinders as emporium in antieke tye. Studia Hist. Ecc. [online]. 2011, vol.37, n.3, pp.1-18. ISSN 2412-4265.

Antieke tye was 'n tydperk waar streng voorskrifte aangaande manlike seksualiteit gegeid het en daar geen individuele besluite geneem is nie. Manlike individue moes deur bepaalde homoseksuele pederastiese ervarings beweeg op die regte tyd, in die regte geselskap en volgens die regte reëls. Veral vir diegene wat op die hoogste vlakke van die sosiale strukture was, was persoonlike vryheid, genot en 'n selfgesentreerdheid aangaande die menslike liggaam en seksualiteit n wyse van bestaan. In 'n paternalistiese samelewing was mag gesetel in die manlike hoof van die gesin en het hy mag oor alles en almal gehad - tot oor hulle seksualiteit. "Emporium" (empire) as die beheer van magtiges oor die liggame van andere was n algemene verskynsel in antieke tye. Seuns is onder die sorg van ouer mans geplaas vir pedagogiese redes en ook vorming, maar seksuele omgang was nie hierby uitgesluit nie. Slaweseuns is ook seksueel misbruik wat daarop wys dat algehele dominansie die grondslag vir antieke etiek skep. Rituele het 'n belangrike rol in die antieke tyd gespeel en inisiasierituele is beoefen om die jong seun te werf. Seksuele verhoudings wat dui op n magsverhouding, waar een deelnemer dominant en die ander passief is, was aan die orde van die dag. Vaders het ook die mag oor lewe en dood gehad en kinders is eers gesien as n lewende wese en iemand met behoeftes sodra die vader die kind aanvaar het. Vroue is slegs indirek in ag geneem as instrumente vir voortplanting en bevrediging en is nie toegelaat om seksuele omgang te geniet nie. Vroeë kerkvaders het hulself nie positief uitgespreek oor pederastiese praktyke nie en dit is as sonde afgemaak; tog is daar nie daaroor geskryf nie. Die antieke tydperk word erken as 'n absolute magsbehepte tydperk - mag oor alles en almal - selfs oor die seksuele. Hierdie artikel kyk na "emporium" vanuit hierdie perspektief van mag neem oor die liggame van kinders.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License