SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número3Impact of new policy developments in higher education on theological educationKarl Barth's contribution to the German Church struggle against National Socialism índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Studia Historiae Ecclesiasticae

versão On-line ISSN 2412-4265
versão impressa ISSN 1017-0499

Resumo

LANDMAN, Christina. Die Kerkorde as emporium en anti-emporium. Studia Hist. Ecc. [online]. 2011, vol.37, n.3, pp.1-16. ISSN 2412-4265.

In huidige akademiese gesprekke word met "emporium" ("empire") verwys na die eenvormigheid wat deur groot rolspelers globaal op alle fasette van menswees afgedruk word volgens waardes wat deur hulle neergelê word. Die imperialistiese waardes van die emporium skryf voor hoe die geskiedenis geïnterpreteer moet word, hoe tekste gelees moet word, en wat die magsverhoudings in die toekoms sal wees tussen mense van verskillende klasse, rasse en genders. Die emporium skryf waardes aan mense toe volgens hulle posisie in die hiërargie wat deur die emporium bepaal word. In hierdie artikel word gekyk na die Stipulasies tot die Kerkorde van die Noordelike Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA). Die vraag word gevra of die plek wat hierin aan die Moderamen gegee word, die beginsels van die (Nederlands-) Gereformeerde kerk-reg weerspieël en of dit nie 'n emporium skep wat eenvormige mag oor "minderes" uitoefen nie. Die ontstaansgeskiedenis van die Stipulasies tot die Kerkorde van die Noordelike Sinode van die VGKSA (2011) vis-a-vis die rol van die Moderamen word beskryf, en tersaaklike gevalle-studies binne die VGKSA word bespreek. Uiteindelik word gevra hoe 'n Kerkorde en sy Stipulasies sal lyk wat op anti-emporiese beginsels en praktyke berus. Die beginsels wat die Belydenis van Belhar onderlê, en die praktyk van kerklike visitasies soos beoefen in die Protestantse Kerk in Nederland word as voorbeelde van anti-emporium beskryf.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons