Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Studia Historiae Ecclesiasticae
versión On-line ISSN 2412-4265
versión impresa ISSN 1017-0499
Resumen
AUGUST, K T. Von Zinzendorf se Herzenreligion in verhouding tot die piëtisme en die mistiek. Studia Hist. Ecc. [online]. 2011, vol.37, n.1, pp.1-14. ISSN 2412-4265.
Die Teologiese bydrae en betekenis van Von Zinzendorf, die beskermheer van die Hernude Broederkerk (Morawiese kerk) is nie so bekend in Suid-Afrika nie. Dit is dan die doel van hierdie artikel om sy denke en ingesteldheid aan die kerkhistoriese publiek bekend te stel. Dit is veral van belang aangesien die eerste kerk onder die inheemse bevolking in Suid-Afrika deur die sendingwerk van die Morawiërs begin is. Gedurende dié tydvak (1737-1760) het die moederkerk (Herrnhut in Duitsland) direk onder Von Zinzendorf se bestuur gesorteer. Dit is bekend dat Von Zinzendorf die geskrifte van die piëtisme en die mistiek van sy tyd bestudeer en goed bekend was met die denkstrominge; maar hy was ook bekend met die denke van die rasionalisme en die humanisme van sy tyd. Dit is seker verskoonbaar as hy vanuit kerkhistoriese kringe bestempel word as 'n piëtis. Hy word egter ook beskuldig van mistisisme en van 'n vroeë Katolieke spiritualiteit. En tog met so 'n veelsydige mens en denker soos Von Zinzendorf wat bekend was vir sy een passie, naamlik "die Lam en Hy alleen", kan mens, selfs gegewe die gevoelsmens wat hy was, hom nie sonder meer etiketteer nie. Die artikel poog om vanuit sy skrifbeskouing en die tydsgees hom te projekteer teen sy eie verklarings rakende die piëtisme en die mistiek en hom voor te stel as 'n teoloog in eie reg met sy hartsgodsdiens.