SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 suppl.1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Studia Historiae Ecclesiasticae

versão On-line ISSN 2412-4265
versão impressa ISSN 1017-0499

Resumo

OLIVER, Erna. Vrouepredikante in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: 'n Opdraande stryd. Studia Hist. Ecc. [online]. 2008, vol.34, suppl.1, pp.1-22. ISSN 2412-4265.

Meer as 30 jaar nadat die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika die predikantsamp vir vroue oopgestel het, lyk dit of daar steeds 'n stryd gevoer word ten opsigte van gelykheid tussen die geslagte in die predikantsberoep. Statistieke wys dat die getal vroueteoloë steeds baie klein is en dat daar min vroue is wat voltyds in die bediening staan. Vroueteoloë is om hulle menings gevra in 'n poging om die stilte oor die onderwerp te verbreek. Diskriminasie, tradisie en aannames speel steeds 'n bepalende rol in vroueteoloë se werksomgewing. Vroue werk harder en vir minder geld as hulle manlike kollegas. 'n Paradigmaskuif is noodsaaklik sodat gelowiges bemagtig word om die evangelie ongehinderd aan 'n verlore en snel veranderende wêreld te bring.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons