SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 suppl.1The struggle against patriarchalism in Kenya (1980 - 1992): Revisiting the history of women ministries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Studia Historiae Ecclesiasticae

On-line version ISSN 2412-4265

Abstract

OLIVER, Erna. Vrouepredikante in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: 'n Opdraande stryd. Studia Hist. Ecc. [online]. 2008, vol.34, suppl.1, pp. 1-22. ISSN 2412-4265.

Meer as 30 jaar nadat die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika die predikantsamp vir vroue oopgestel het, lyk dit of daar steeds 'n stryd gevoer word ten opsigte van gelykheid tussen die geslagte in die predikantsberoep. Statistieke wys dat die getal vroueteoloë steeds baie klein is en dat daar min vroue is wat voltyds in die bediening staan. Vroueteoloë is om hulle menings gevra in 'n poging om die stilte oor die onderwerp te verbreek. Diskriminasie, tradisie en aannames speel steeds 'n bepalende rol in vroueteoloë se werksomgewing. Vroue werk harder en vir minder geld as hulle manlike kollegas. 'n Paradigmaskuif is noodsaaklik sodat gelowiges bemagtig word om die evangelie ongehinderd aan 'n verlore en snel veranderende wêreld te bring.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License