SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue1Religion: a means to addiction or to healing? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Acta Theologica

On-line version ISSN 2309-9089
Print version ISSN 1015-8758

Abstract

DU PLESSIS, A.L.. Pastorale begeleiding aan die persoon met dissosiatiewe identiteitsversteuring. Acta theol. [online]. 2012, vol.32, n.1, pp.1-25. ISSN 2309-9089.

Die persoon met dissosiatiewe identiteitsversteuring is iemand wat aan geweldige trauma blootgestel was en wat op verskeie vlakke van sy/ haar lewe negatief beïnvloed word daardeur. Alhoewel dissosiatiewe identiteitsversteuring in die DSM-IV1 beskryf word as 'n psigiese afwyking, is daar steeds baie kontroversie en vrae rondom die verskynsel. Hulpverlening moet met baie sorg en sensitiwiteit geskied om die persoon met dissosiatiewe identiteitsversteuring op alle dimensies van menswees te begelei. Sodoende hoef die begeleiding dus nie die gevaar te loop om eensydig psigologies of pastoraal van aard te geskied nie. Effektiewe hulpverlening aan die persoon met dissosiatiewe identiteitsversteuring impliseer 'n benadering waarin die verskillende dissiplines deel uitmaak van 'n multidissiplinêre begeleidingspan. Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is of en indien wel, kan die pastoraat bydra tot die begeleiding van hierdie persoon. 'n Gevallestudie word bespreek waaruit die gevolgtrekking gemaak kan word, dat die pastoraat 'n beslissende effektiewe rol in die genesingsproses van die persoon met dissosiatiewe identiteitsversteuring speel.

Keywords : Dissosiatiewe identiteitsversteuring; Subpersoonlikhede; Traumaberading; Innerlike genesing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License