Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
HTS Theological Studies
On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422
Abstract
BEYERS, Jaco. Openheid, geslotenheid en moontlikheid: Die reformatore en ander godsdienste. Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.173-192. ISSN 2072-8050. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4565.
Inter-godsdienstige verhoudinge was nog altyd problematies. Teologie van godsdiens en teologie van godsdienste is die wyse waarop die Christendom oor die teenwoordigheid en aard van ander godsdienste besin. Die kerkhervormers het ook 'n bepaalde verstaan van die bestaan van en verhouding tussen die Christendom en nie-Christelike godsdienste gehad. Hierdie bydrae probeer aantoon hoe die kerkhervormers verskil het in hulle benadering tot ander godsdienste. Martin Luther en Philipp Melanchthon het die moontlikheid van verhoudinge met ander godsdienste, in besonder Jode en Moslems voorgestaan, al was dit dan ook net n momentele mening van Luther. Daarmee verteenwoordig hulle n kategorie van 'moontlikheid'. Johannes Calvyn was meer afwysend teenoor die gedagte van moontlikheid van heil binne ander godsdienste en behoort daarom tot die kategorie van 'geslotenheid'. Die kerkhervormer Theodore Bibliander was oop vir gesprek en positief oor verhoudinge met Moslems alhoewel hy nie gedink het dat heil en verlossing buite die Christendom moontlik is nie. Vir Bibliander het verhouding met ander begin, met kennis van die ander. Hy verteenwoordig die kategorie van 'openheid'. Die kerkhervormers se verstaan van die verhouding met ander godsdienste lewer n bydrae tot n huidige besinning oor inter-godsdienstige verhoudinge.
