SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número5  suppl.11 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


HTS Theological Studies

versión On-line ISSN 2072-8050
versión impresa ISSN 0259-9422

Resumen

VAN WYK, Gabriël M.J. (Gafie). Mistifikasie en geloof: Dekonstruksie van geloofsverstaan in kategesemateriaal van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.153-172. ISSN 2072-8050.  http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4516.

Die voortgesette proses van implementering van nuwe materiaal wat gebruik word vir katkisasie in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika vertoon 'n besondere trajek. Die proses het, in terme van geloof, begin met die formalisering van sowel die geloofsbegrip as die beskrywing van die inhoud van geloof. Dit is voortgesit deur 'n proses van die objektivering van die inhoud van geloof tot feite wat geleer kan word en is uiteindelik voltrek deur die implementering van 'n pragmatiese opvoedkundige doelwit waarin geloof bloot 'n middel tot 'n doel geword het. Die trajek kan kortliks soos volg beskryf word: • Die Heidelbergse Kategismus Geloof is die aanneming van die beloftes van God wat vertroue in die lewende God skep. • 'Kortbegrip': Geloof is sekere kennis van God en sy beloftes en 'n hartlike vertroue dat al my sondes om Christus ontwil vergewe is. • Die belydenis van die Hervormers: Ek glo in God beteken dat ek al my vertroue op God stel en Hom op sy woord neem. • Geloofsleer: Geloof is kennis van die Woord van God en vertroue in die God van die Woord. • Geloof en Lewe 11: Geloof is die toe-eiening van kenbare geloofoorleweringe wat in die Bybel opgeneem is. Die kerk kan daarom kinders deur 'n proses van kategese begelei tot geloofsvolwassenheid. Vandag is die uitgangspunt van katkisasie en die motivering daarvoor in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika die oortuiging dat die kerk kinders deur 'n proses van kategese tot godsdienstige volwassenheid kan lei. Van Selms se kategismus pas nie in die trajek wat hier beskryf word nie. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika sou vandag heeltemal anders gelyk het as meer as een generasie van die lidmate van die Kerk aan hierdie kategeseboek blootgestel was.

        · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons