SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número5  suppl.11 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


HTS Theological Studies

versão On-line ISSN 2072-8050
versão impressa ISSN 0259-9422

Resumo

VAN WYK, Tanya. Om vryelik asem te haal in die lewensruimte van die trinitariese God: Jürgen Moltmann se bydrae tot 'n Reformatoriese teologie van solidariteit. Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.91-110. ISSN 2072-8050.  http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4556.

In hierdie hoofstuk word Jürgen Moltmann se bydrae tot Reformatoriese teologie ondersoek. Sy teologie kan beskryf word as 'n teologie wat Bybels gegrond is, 'n eskatologiese gerigtheid en 'n politieke verantwoordelikheid het. Dit is juis om hierdie rede dat sy teologie ook 'reformatories' is. Dit is 'n beskrywing waarvoor hy ook doelbewus kies, omdat die begrip 'reformatories' die dinamiese, voortgaande en profetiese karakter van Reformatoriese teologie aandui. Hierdie teologiese karakter kom veral na vore in Moltmann se verstaan van die Triniteitsleer en sy trinitariese teologie, wat beskryf kan word as 'n 'Trinitariese teologie van solidariteit en sosiale geregtigheid.' Die lewensruimte van die Triniteit word deur Moltmann as 'wye ruimte' beskryf, en as 'n 'uitnodigende ruimte' waarin daar nie beknoptheid is nie. Binne die hoofstuk word dit geargumenteer dat Moltmann se Triniteitsteologie die hartklop is van sy bydrae tot Reformatoriese teologie. Dit is baie nou verbind aan sy politieke teologie en word geïllustreer op die wyse waarop sy Triniteitsteologie en sy politieke teologie van inklusiwiteit en geregtigheid met mekaar verweef is.

        · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons