SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número5  suppl.11 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


HTS Theological Studies

versão On-line ISSN 2072-8050
versão impressa ISSN 0259-9422

Resumo

VAN WYK, Ignatius W.C. (Natie). Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.22-39. ISSN 2072-8050.  http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4557.

Vryheid is naas regverdiging een van die belangrikste temas van die Reformatoriese teologie. Luther se geskrif 'Oor die vryheid van 'n Christenmens' (1520) is een van sy hoofgeskrifte. In hierdie geskrif beskryf hy die vryheid van die innerlike en die uiterlike mens. Die innerlike mens is vry en niemand se onderdaan nie. Die uiterlike mens is weer elke ander mens se onderdaan en dienskneg. Die Christen dien sy medemens deur die liefde. Luther se verstaan van naasteliefde word vanuit ander geskrifte toegelig. Johannes Calvyn se verstaan van vryheid volgens sy 'Institusie' van 1559 word ook bespreek. Daar word op die groot ooreenstemming tussen Luther en Calvyn gewys. Die verskille tussen die twee Reformatore is minimaal. Calvyn het egter wel groter aandag aan die adiafora-vraagstuk gegee. Daar word ook deurgaans na Philipp Melanchthon se invloed op Calvyn gewys. Die relevansie van die vryheidsvraagstuk lê nie in die instrumentalisering van die Christelike vryheid nie, maar in die hernude bestudering van die klassieke tekste met die bedoeling om die belangrike reformatoriese motiewe te herontdek. Hierdie motiewe is relevant - ook in ons samelewing.

        · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons