SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número5  suppl.11 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


HTS Theological Studies

versão On-line ISSN 2072-8050
versão impressa ISSN 0259-9422

Resumo

VAN WYK, Ignatius W.C. (Natie). Die barmhartige God, regverdiging en goeie werke deur Luther. Herv. teol. stud. [online]. 2017, vol.73, n.5, suppl.11, pp.3-21. ISSN 2072-8050.  http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4558.

Martin Luther het as monnik getwyfel of hy ooit genoeg goeie werke sou kon doen en daarom nie genade by God sou kon vind nie. Danksy sy noukeurige bestudering van Paulus se briewe het hy ontdek dat God, die Vader van Jesus Christus, nie die toornige God is wat net wil straf nie, maar die barmhartige Vader is wat genade wil betoon. Die boodskap oor God se barmhartigheid sien Luther saamgevat in die begrip 'geregtigheid van God'. God se geregtigheid bestaan in sy wil om sondes te vergewe sodat gelowiges voor Hom as geregverdigde mense kan bestaan. In hierdie hoofstuk word God se drie gestaltes van geregtigheid verduidelik aan hand van die drie gestaltes van sonde. Aangesien daar voortdurend misverstand is oor Luther se erns jeens goeie werke, word daar in diepte aandag gegee aan die samehang tussen geloof en werke in sy denke. Die vraagstelling word toegespits op die doen van liefde. Daar word daarop gewys dat Luther se betoog daarop neerkom dat slegs persone wat goeie bome (deur die geloof) gemaak word, in die doen van die liefde kan volhard.

        · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons