SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LOTTER, Casper. Die verskynsel van kindermoord deur die moeder krities heroorweeg binne 'n kruiskulturele raam-werk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.110-128. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a6.

In hierdie bydrae poog ek om sin te maak van die verontrustende verskynsel van kindermoord deur die moeder binne die breër konteks van die verwaarloosde diskoers oor die moeder in die Weste. Afgesien van my vlugtige naspeuring van Kristeva (2002b) se begrip van abjeksie, ondersoek ek ook ander teoretiese voorstelle in hierdie verband. Ek beoog om die mite van 'n vanselfsprekende moederskapsinstink krities te beoordeel, naamlik dat dit geensins natuurlik van aard is nie. Hierdie aanvullende teoretiese voorstelle dui op 'n feministiese invalshoek en Hrdy (2000) se insig dat vroue se prehistoriese ongebonde seksualiteit geherkanaliseer is ten einde moederskap as "natuurlik" weer te gee. Ek speur hierdie motiverings na ten einde 'n meer genuanseerde begrip van sodanige politieke en ideologiese onderbou te bereik. Ek wend my dus tot 'n feministiese metodologie en, gesien in die lig van die kruiskulturele strekking van die begrip moederskap, begrond ek my benadering op 'n sodanige onderbou. Ten einde 'n kruiskulturele raamwerk te regverdig, ontleed ek vier onlangse voorbeelde van kindermoord deur die moeder soos wat die verskynsel in verskillende kulture afgespeel het. Aangesien kindermoord deur die moeder 'n kruiskulturele verskynsel is, betoog ek dat transnasionale teorie waardevol is vir 'n ontplooiing van en besinning oor hierdie aangrypende en ontstellende verskynsel. Die gevolgtrekking waartoe ek kom, is dat kindermoord deur die moeder beduidend aansluiting vind by Blumberg (2009) se begrip evolusionêre uitputting en ek betoog dat die verwaarlosing van die diskoers oor die moeder, soos Kristeva (1982) ook indirek aandui, opsetlik is, aangesien dit andersins aanleiding sou kon gee tot 'n beëindiging van moederskap as 'n praktykinstelling. It is a beleaguered time for those of us who believe in the right of intellectuals, artists and ordinary, affronted citizens to push boundaries and take risks and so, at times, to change the way we see the world. - Salman Rushdie (2021:219)

Keywords : diskoersvorming(s); feminisme; moederskap; kindermoord deur die moeder; transnasionale feminisme; versorging; verwaarlosing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License