SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

EKSTEEN, Riaan. Suez se nagevolge: Persoonlikhede en kolonialisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.1-24. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a1.

Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan was instrumenteel tydens die Suezkrisis wat beduidende implikasies vir die Midde-Ooste en die globale magsbalans meegebring het, maar nie een van hulle het heeltemal ongeskonde uit die krisis gekom nie. Eisenhower het die inperking van kommunisme as sy hoogste prioriteit geag en het Brittanje se koloniale erfenis as onhoudbaar beskou, en Dulles het die koloniale dimensie dikwels opgehaal. Brittanje se dalende status as 'n wêreldmoondheid is blootgelê en as 'n tweederangse moondheid bevestig. Die feit dat Brittanje 'n koloniale mag was, het 'n stigma gelaat waaraan Eden en Macmillan weinig kon doen. Dit was alombekend dat Eden die reëls van geheimhouding verontagsaam het in sy meedoënlose en bloedige strewe na regverdiging. Wat Eden se konserwatiewe regering noodlottig ondermyn het, was die onenigheid in sy eie geledere. Hyself was polities, fisies en emosioneel deur Suez verpletter. Macmillan het uit die wrak van Suez getree om 'n gedemoraliseerde Konserwatiewe Party te lei en 'n land wat nog in die dieptes van vertwyfeling verkeer het. Frankryk was diep gegrief oor Nasser se steun aan rebelle in Algerië. Die nagevolge van die krisis het die agteruitgang van Europese kolonialisme beklemtoon en 'n blywende impak op Frankryk se internasionale verhoudings gehad. Algerië het ontsaglike probleme vir Frankryk veroorsaak en selfs sy politieke stabiliteit bedreig.

Palavras-chave : Algerië; Brittanje; Dulles; Eden; Eisenhower; Frankryk; kolonialisme; Macmillan; Nasser; persoonlikhede.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons