SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4The source text for the 2020 Afrikaans translation of the New TestamentTranslation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case study índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LINDE, Janien  y  KIRSTEN, Johanita. Die potensiaal van Afrikaanse betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalvariasie en -ideologie by voorgraadse studente te kweek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.878-899. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a7.

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die potensiaal van betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalideologie en -variasie by voorgraadse studente te kweek. Vir hierdie doel word data ondersoek wat verkry is uit die antwoorde van eerstejaars op 'n opdrag wat handel oor drie spesifieke gedigte wat as betrokke poësie aangebied word. Die volgende teoretiese uitgangspunte is vir hierdie artikel van belang: betrokke poësie (o.a. littérature engagée), selfgerigte leer en lees, en taalideologie. Die data wat ingesamel is, is met behulp van kritiese diskoersanalise geanaliseer deur 'n aantal taalideologiese kodes te identifiseer: essensialisme, taalpurisme, standaardtaalideologie, taalnasionalisme, hiërargie van tale of variëteite, moeder-taalideologie, chauvinisme en ontlaering. Die kode "ontlaering" is gebruik om aan te dui waar en in welke mate studente tog, na aanleiding van die opdrag oor betrokke poësie, krities bewus geraak het van hul eie taalideologieë. Ons gevolgtrekking is dat 'n opdrag waarin die aard en funksionering van betrokke poësie as't ware prakties vir die studente gedemonstreer word, wel tot 'n mate daarin slaag om hulle bewus te maak van taalideologie en die invloed daarvan op individue se idees oor taal. Ons dui egter aan dat die opdrag wel bepaalde tekortkominge het, en meen daarom dat verdere toeligting, spesifiek vanuit 'n taalkundeperspektief, die proses wat hierdie letterkundige opdrag begin het om sensitiwiteit rondom taal by studente aan te wakker, moet voortsit en akademies verstewig.

Palabras clave : betrokke poësie; letterkundeonderrig; taalvariasie; taalideologie; Jan Lion Cachet; Willa Boezak; Diana Ferrus; selfgerigte lees; taalaktivisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons