SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4The Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in AfrikaansThe source text for the 2020 Afrikaans translation of the New Testament índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KAMPFER, Loui-Marie; VOS, Deon  y  DE BEER, Louw. Ondersteuningsdienste aan leerders in openbare skole in die onderwysstelsels van die BRICS-lidlande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.836-859. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a5.

'n Onderwysstelsel is 'n raamwerk wat in die onderwysbehoeftes van 'n bepaalde teikengroep voorsien. Onderwysstelsels bestaan uit verskillende komponente en elemente om doeltreffende onderwys aan die hele teikengroep met bepaalde onderwysbehoeftes te verskaf. Hierdie komponente sluit die onderwysstelselbeleid, onderwysstelseladministrasie, onderwysstruktuur en ondersteuningsdienste in. Vir 'n onderwysstelsel om doeltreffend te funksioneer is dit nodig dat alle komponente volgens 'n bepaalde plan meewerk. Nuwe uitdagings word voortdurend aan onderwysstelsels gestel en daar is gedurig verandering in tegnologie, die gemeenskap, die teikengroep en die kurrikulum. Om te verseker dat doeltreffende onderrig in die onderwys-situasie plaasvind, is onderwys afhanklik van bykomende hulp van buite die onderwys. Hierdie ondersteuningsdienste (bykomende hulp) is noodsaaklik vir die doeltreffende funksionering van onderwys en lewer 'n bydrae tot die doeltreffendheid van onderwys. Die behoefte aan spesifieke tipes onderwysondersteuningsdienste verskil ten opsigte van verskillende onderwysstelsels, aangesien die behoeftes van die betrokke teikengroepe van mekaar kan verskil. Hierdie studie bestudeer onderwysondersteuningsdienste vir leerders as 'n komponent en element van die onderwysstelsel in die BRICS-lidlande en identifiseer die beste praktyke in die onderwysondersteuningsdienste in die lidlande. Die doel van die studie is gesetel in die feit dat daar in die verlede kommer by verskeie onderwysowerhede bestaan het ten opsigte van ondersteuningsdienste wat nie optimaal funksioneer nie en sodoende nie in die onderwysbehoeftes van onderwysers en leerders, asook onderrigaktiwiteite en -strukture, voorsien nie. Die navorsing is uitgevoer vanuit 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering binne die raamwerk van die interpretivistiese navorsingsparadigma met behulp van dokumentontleding as metode van datagenerering. Die volgende temas uit die literatuurondersoek is geïdentifiseer: inklusiewe onderwys; hulpverlening aan leerders deur middel van mediese en tandheelkundige dienste; maatskaplike dienste; en voedingsdienste. Hierdie navorsing vorm deel van 'n groter BRICS-navorsingsprojek. Die BRICS-lidlande is as deelnemende lande vir die studie gekies aangesien al vyf lidlande betrokke is by die identifisering van hul behoeftes en die vestiging van aksieplanne om uiteindelik in die onderwysbehoeftes van die teikengroep te voorsien.

Palabras clave : BRICS-lidlande; BRICS-organisasie; ondersteuningsdienste aan leerders; onderwysstelsel; vergelykende opvoedkunde.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons