SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BECKER-FERREIRA, Anel  and  VAN ECK, Ernest. Die "ander": Lukaanse Jesus en Lévinas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.737-755. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a1.

Emmanuel Lévinas se filosofie van die "ander" word ondersoek en in gesprek gebring met hoe die Lukaanse Jesus sy "ander" hanteer het. Die fokus van Lévinas se filosofiese werke is die voorrang van 'n etiese verhouding van die "self' met die "ander". Deur gebruik te maak van die sosiaalwetenskaplike metode, word Jesus se gesindheid en optrede teenoor sy "ander" in die evangelie van Lukas oorweeg. Jesus skep nuwe koninkrykswaardes en sluit mense wat "anders" was in die familie van God in. In hierdie nuwe koninkryk word grense en vooroordele wat deur etnisiteit, geslag, status en ouderdom geskep word, tot niet gemaak. Die raakpunte tussen Jesus se hantering van die "ander" vanuit 'n seleksie van Lukaanse tekste en Lévinas se filosofie, word bespreek. 'n Voorstel oor wat Suid-Afrikaners oor andersheid, gelykheid en diversiteit kan leer en 'n benadering om buitestanders te omhels, word gemaak.

Keywords : Emmanuel Lévinas; Jesus; sosiaalwetenskaplike metode; evangelie van Lukas; diversiteit; andersheid; vreemdeling; wederkerigheid; herstel; sosiale geregtigheid; liefde; verantwoordelikheid; menslikheid; vriendelikheid; naaste.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License