SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN HUYSSTEEN, Gerhard B  e  KOEKEMOER, Simoné. 'n Empiriese vergelyking van die potensiële aanstootl ikheid van enkele skelnaampare in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.560-584. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a10.

In Afrikaans en ander Germaanse tale is daar 'n subkategorie van eksosentriese komposita wat evaluatief as persoonsname gebruik kan word. Die fokus van hierdie artikel is op sulke komposita wat pejoratief as skel- of spotname gebruik word (d.i. epitetiese eksosentriese komposita (EEK's)), en nog meer spesifiek op EEK's wat op een van twee konseptuele metonimieë berus: liggaamsdeel vir persoon (byvoorbeeld skinder / bek) en (deel van) kledingstuk vir persoon (byvoorbeeld slaap / kous). Die artikel ondersoek die potensiële aanstootlikheid van EEK's empiries. In 'n aanlyn vraelys met nege vrae moes respondente telkens die items (woorde) van mins aanstootlike tot mees aanstootlike rangskik. op grond van 'n aantal statistiese berekeninge kan tot die gevolgtrekking gekom word dat metonimiese EEK's (byvoorbeeld dwaas / kop) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik as semanties ekwivalente non-EEK's (byvoorbeeld dwaas) is nie. Ook kan aangetoon word dat suffiksoïede wat na liggaamsdele verwys (byvoorbeeld / gat en / neus) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik is as suffiksoïede wat na kledingstukke verwys (byvoorbeeld / sak en / broek) nie. Die ondersoekte suffiksoïede kan wel op 'n spektrum van potensiële aanstootlikheid geplaas word, te wete: / neus ~ / broek < / sak < / gat.

Palavras-chave : Afrikaans; aanstootlikheid; affiksoïed; eksosentriese kompositum; empiries; epitetiese eksosentriese komposita; epiteton; evaluatiewe taal; kompositum; konseptuele metonimie; pejoratief; persoonsnaam; skelnaam; spotnaam; suffiksoïed.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons