SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN HUYSSTEEN, Gerhard B  y  KOEKEMOER, Simoné. 'n Empiriese vergelyking van die potensiële aanstootl ikheid van enkele skelnaampare in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.560-584. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a10.

In Afrikaans en ander Germaanse tale is daar 'n subkategorie van eksosentriese komposita wat evaluatief as persoonsname gebruik kan word. Die fokus van hierdie artikel is op sulke komposita wat pejoratief as skel- of spotname gebruik word (d.i. epitetiese eksosentriese komposita (EEK's)), en nog meer spesifiek op EEK's wat op een van twee konseptuele metonimieë berus: liggaamsdeel vir persoon (byvoorbeeld skinder / bek) en (deel van) kledingstuk vir persoon (byvoorbeeld slaap / kous). Die artikel ondersoek die potensiële aanstootlikheid van EEK's empiries. In 'n aanlyn vraelys met nege vrae moes respondente telkens die items (woorde) van mins aanstootlike tot mees aanstootlike rangskik. op grond van 'n aantal statistiese berekeninge kan tot die gevolgtrekking gekom word dat metonimiese EEK's (byvoorbeeld dwaas / kop) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik as semanties ekwivalente non-EEK's (byvoorbeeld dwaas) is nie. Ook kan aangetoon word dat suffiksoïede wat na liggaamsdele verwys (byvoorbeeld / gat en / neus) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik is as suffiksoïede wat na kledingstukke verwys (byvoorbeeld / sak en / broek) nie. Die ondersoekte suffiksoïede kan wel op 'n spektrum van potensiële aanstootlikheid geplaas word, te wete: / neus ~ / broek < / sak < / gat.

Palabras clave : Afrikaans; aanstootlikheid; affiksoïed; eksosentriese kompositum; empiries; epitetiese eksosentriese komposita; epiteton; evaluatiewe taal; kompositum; konseptuele metonimie; pejoratief; persoonsnaam; skelnaam; spotnaam; suffiksoïed.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons