SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2NP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical readingNP van Wyk Louw's Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin revisited índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STRAUSS, PJ. Die hervorming van apartheid in die 1980's: Die politieke benadering van PW Botha en die kerklike inset van JA Heyns. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.402-419. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a13.

Reeds in sy nooienstoespraak op die trappies van die Parlement op 18 September 1978, het PW Botha, pas verkose eerste minister (1978-1984 ) en latere president (1984-1989) van Suid-Afrika, te kenne gegee dat hy apartheid Suid-Afrika wou hervorm. Vir Botha was dit deel van sy Christelike lewensbeskouing om die staatstrukture, verhoudinge tussen groepe en apartheid in Suid-Afrika te hervorm. Teen die middel van die 1980's was hy oortuig daarvan dat die oorhoofse doel van apartheid, naamlik afsonderlik maar gelyk, misluk het. Hy het sommige apartheidswette geskrap soos wette wat rasgemengde huwelike verbied, swart instroming na die sogenaamde wit gebiede beheer en vakbondlidmaatskap vir swart, gekleurd en Asiër uitskakel. Botha het ook 'n driekamerparlement geïnisieer vir Blankes, Kleurlinge en Asiërs sonder om die mag uit die hande van die Blankes te laat gaan. Blanke heheer was vir hom die waarborg vir 'n stabiele Suid-Afrika wat ruimte skep vir die omvattende hervorming van apartheid. Johan Heyns was professor in Teologie (Dogmatiek en Etiek) aan die Universiteit van Pretoria en vanaf 1986 tot 1990 moderator van die NG Kerk. Hy wou apartheid vanuit die hoek van die kerk hervorm sonder om die kerklike karakter van sy optrede prys te gee. Vir hom was hervorming 'n metode van ewolusionêre verandering wat uit die Kerkhervorming van die 16e eeu gekom het en in alle fasette van die samelewing tot 'n beter gemeenskap lei. Daarom moes die norme van liefde, geregtigheid en menswaardigheid in 'n gemeenskap van mense wat na die beeld van God geskep is in samelewingstrukture gestalte kry. Met hierdie benadering het Heyns 'n groot aandeel in die opstel van dokumente van die Algemene Sinode van die NG Kerk van 1986 en 1990 gehad, naamlik Kerk en Samelewing-1986 en 1990 (KS 1986 en KS 1990) met hulle kritiek op apartheid. Heyns het Botha se breë idee van politieke hervorming vanuit sy teologiese hoek gesteun. Botha se besluit om by genoemde uitgangspunte te bly laat sy inisiatiewe teen 1989 egter vasloop. Uit sy kerklike hoek wou Heyns egter nie stagneer rondom die aftakeling van apartheid nie. Hy sterf aan die hand van 'n sluipmoordenaar in 1994.

Palavras-chave : vegter en hervormer; mislukking van afsonderlike maar gelyke beleid; gebrekkige entoesiasme in die Nasionale Party; geregtigheid as politieke doelwit; menswaardigheid en ontwikkeling; stabiliserende effek van blanke mag.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons