SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DREYER, Johan  y  VAN DER WALT, Kobus. Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.229-245. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a4.

Volgens materialiste kan die ontstaan van die mens verklaar word deur evolusie, waarvoor daar oortuigende bewyse is, soos bv. genetiese ooreenkomste, bewyse uit die fossielrekord sowel as anatomiese vergelykings. Daarteenoor stel die metafisiese siening dat mense deur 'n goddelike entiteit of 'n bonatuurlike krag geskep is. Hierdie siening word dikwels geassosieer met godsdienstige oortuigings en is (volgens die teenstanders daarvan) nie op empiriese bewyse gebaseer nie. As 'n spesie, toon menslike DNS (deoksiribonukleïensuur) 'n baie laer diversiteit as wat die genetiese teorie voorspel, hoofsaaklik as gevolg van die resentheid van die mens sowel as die voorkoms van 'n "bevolkingsbottelnek". Dit dui daarop dat die hele menslike bevolking minder as 160 000 jaar gelede uit 'n baie klein groepie ontwikkel het, waarskynlik in Afrika. Mense deel veel meer as net voorouers met die res van die skepping: ook boumateriaal, selle, organe en 'n groot deel van ons genoom. Dat mense uniek van aard is, is egter onbetwisbaar en kontemporêre wetenskap lewer vele empiriese waarnemings in hierdie verband, wat nie bevredigend verklaar kan word deur 'n onbegeleide, toevallige ontwikkelingsgeskiedenis nie. Die Bybelse narratief van Adam en Eva voldoen aan al die vereistes vir die drempelgebeurtenis in die menslike geskiedenis, wat wetenskaplik bewysbaar is. Die hipotese word daarom voorgehou dat die proto-mens geskep is deur begeleide ontwikkeling uit die stof van die aarde (koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfaat en swael). Later het 'n drempelgebeurtenis plaasgevind waartydens God die proto-mens "na Sy beeld" getransformeer het.

Palabras clave : menslike oorsprong; bevolkingsuitbreiding; bevolkingsbottelnek; drempelgebeurtenisse; Kambriese ontploffing; teïstiese hipotese; norma-tiewe materialisme; gedeelde voorouer; samesmeltingschromosoom; proto-mens.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons