SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DREYER, Johan  y  VAN DER WALT, Kobus. Die ontstaan van lewe: "In die begin was die Woord daar". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.211-228. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a3.

'n Groot aantal natuurwetenskaplike navorsers beweer dat biologiese lewe op aarde heel waarskynlik natuurlik ontstaan het, maar geeneen kan die presiese meganisme waardeur lewe ontstaan het, weergee nie. Talle eksperimente en waarnemings het bewyse gelewer dat die basiese boustene van lewe, soos aminosure, spontaan kan vorm onder die toestande wat op die vroeë aarde teenwoordig was. Daarbenewens dui die ontdekking van ekstremofiele (organismes wat floreer in uiterste toestande soos hoë temperature en druk) daarop dat lewe moontlik deur 'n onbegeleide, willekeurige meganisme in sulke omgewings kon ontstaan het. Alhoewel die meerderheid wetenskaplikes dus kontemporêre wetenskaplike gegewens aanvoer as bewyse dat lewe 'n natuurlike oorsprong gehad het, is daar 'n groeiende stem van gesaghebbende navorsers wat beweer dat die voorwaardelike toestande vir lewe, sowel as die kompleksiteit daarvan, dui op fyn beplande, begeleide meganismes. In teenstelling met 'n normatiewe materialistiese vertrekpunt, propageer sulke navorsers 'n openheid om die data te volg tot die mees waarskynlike, logiese gevolgtrekking. Hierdie gevolgtrekking behels die voortdurende betrokkenheid van 'n Skepper vanaf voor die beginmoment van die skepping, tot op hede.

Palabras clave : oorsprong van lewe; normatiewe materialisme; kreasionisme; panspermia; abiogenese; inligting in DNA; antroposentriese4 beginsel; data; inligting; kennis; kousale determinisme; termodinamika; onreduseerbare kompleksiteit; biologiese voortplanting; stogastistiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons