SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DREYER, Johan  and  VAN DER WALT, Kobus. Die ontstaan van lewe: "In die begin was die Woord daar". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.211-228. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a3.

'n Groot aantal natuurwetenskaplike navorsers beweer dat biologiese lewe op aarde heel waarskynlik natuurlik ontstaan het, maar geeneen kan die presiese meganisme waardeur lewe ontstaan het, weergee nie. Talle eksperimente en waarnemings het bewyse gelewer dat die basiese boustene van lewe, soos aminosure, spontaan kan vorm onder die toestande wat op die vroeë aarde teenwoordig was. Daarbenewens dui die ontdekking van ekstremofiele (organismes wat floreer in uiterste toestande soos hoë temperature en druk) daarop dat lewe moontlik deur 'n onbegeleide, willekeurige meganisme in sulke omgewings kon ontstaan het. Alhoewel die meerderheid wetenskaplikes dus kontemporêre wetenskaplike gegewens aanvoer as bewyse dat lewe 'n natuurlike oorsprong gehad het, is daar 'n groeiende stem van gesaghebbende navorsers wat beweer dat die voorwaardelike toestande vir lewe, sowel as die kompleksiteit daarvan, dui op fyn beplande, begeleide meganismes. In teenstelling met 'n normatiewe materialistiese vertrekpunt, propageer sulke navorsers 'n openheid om die data te volg tot die mees waarskynlike, logiese gevolgtrekking. Hierdie gevolgtrekking behels die voortdurende betrokkenheid van 'n Skepper vanaf voor die beginmoment van die skepping, tot op hede.

Keywords : oorsprong van lewe; normatiewe materialisme; kreasionisme; panspermia; abiogenese; inligting in DNA; antroposentriese4 beginsel; data; inligting; kennis; kousale determinisme; termodinamika; onreduseerbare kompleksiteit; biologiese voortplanting; stogastistiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License