SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ELS, Anika; VOS, Elize; VAN OORT, Ronel  e  KRUGER, Donnavan JD. Riglyne om selfgerigte lesers en leerders in Natuurwetenskap te ontwikkel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.154-177. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a9.

Die leesvermoë van leerders speel 'n groot rol in hul akademiese prestasie. 'n Wetenskaplike ondersoek is in 2021 tydens die aanbieding van 'n konstruktivistiese Natuurwetenskaplesreeks onderneem om te bepaal of 'n groep graad 8-Natuurwetenskapleerders van 'n skool in die Vrystaatprovinsie tekste op 'n selfgerigte wyse met begrip kon lees en leer. Die ondersoek het die interpretivistiese navorsingsparadigma gevolg. Die eerste skrywer (onderwysernavorser) het die kwalitatiewe navorsingsmetode gebruik en 'n verskeidenheid data-insamelingsmetodes aangewend. Die navorsingsresultate word in hierdie artikel bespreek. Ten eerste het die wetenskaplike ondersoek 'n literatuurondersoek behels wat op multimodale lees-, kyk- en leerstrategieë toegespits is met die doel om dit in die lesreeks te integreer. Die verband tussen selfgerigte lees en leer is bestudeer om 'n groep Natuurwetenskapleerders tot selfgerigte leesbegrip van verskillende Natuurwetenskaptekste te begelei. Leesbegripkwessies is ondersoek aangesien onvoldoende leesbegriponderrig weens leerders se moedertale, 'n verskeidenheid sosiokulturele veranderlikes en leerders se kognitiewe ontwikkelingsfases hul leesbegripont-wikkeling beïnvloed. Ten tweede is 'n dokument- en tematiese ontleding van verslae van assesseringsliggame wat geletterdheid- en syfervaardigheidsvlakke van leerders bepaal, gedoen. Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Afrikaans Huistaal (KABV, Senior Fase) is ontleed, wat bevestig het dat die ontwikkeling van leesbegripvaardighede noodsaaklik is vir akademiese prestasie (DBO, 2011a). Die ontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Natuurwetenskap (KABV, Senior Fase) toon verbande met vakke wat leerders in die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase kan kies (DBO, 2011b). Vakkeuses in die wetenskappe is noodsaaklik vir leerders se betekenisvolle deelname in die samelewing. Uit hierdie ondersoek vloei riglyne vir graad 8-Natuurweten-skaponderwysers om lees-, kyk- en leerstrategieë in lesreekse te integreer om graad 8-Natuurwetenskapleerders in selfgerigte lesers en leerders te ontwikkel.

Palavras-chave : Graad 8-natuurwetenskap; Leesprobleme In Suid-afrika; Multimodale Strategieë; Onderrigleerteorieë; Selfgerigte Lees En Leer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons