SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

ELS, Anika; VOS, Elize; VAN OORT, Ronel  y  KRUGER, Donnavan JD. Riglyne om selfgerigte lesers en leerders in Natuurwetenskap te ontwikkel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.154-177. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a9.

Die leesvermoë van leerders speel 'n groot rol in hul akademiese prestasie. 'n Wetenskaplike ondersoek is in 2021 tydens die aanbieding van 'n konstruktivistiese Natuurwetenskaplesreeks onderneem om te bepaal of 'n groep graad 8-Natuurwetenskapleerders van 'n skool in die Vrystaatprovinsie tekste op 'n selfgerigte wyse met begrip kon lees en leer. Die ondersoek het die interpretivistiese navorsingsparadigma gevolg. Die eerste skrywer (onderwysernavorser) het die kwalitatiewe navorsingsmetode gebruik en 'n verskeidenheid data-insamelingsmetodes aangewend. Die navorsingsresultate word in hierdie artikel bespreek. Ten eerste het die wetenskaplike ondersoek 'n literatuurondersoek behels wat op multimodale lees-, kyk- en leerstrategieë toegespits is met die doel om dit in die lesreeks te integreer. Die verband tussen selfgerigte lees en leer is bestudeer om 'n groep Natuurwetenskapleerders tot selfgerigte leesbegrip van verskillende Natuurwetenskaptekste te begelei. Leesbegripkwessies is ondersoek aangesien onvoldoende leesbegriponderrig weens leerders se moedertale, 'n verskeidenheid sosiokulturele veranderlikes en leerders se kognitiewe ontwikkelingsfases hul leesbegripont-wikkeling beïnvloed. Ten tweede is 'n dokument- en tematiese ontleding van verslae van assesseringsliggame wat geletterdheid- en syfervaardigheidsvlakke van leerders bepaal, gedoen. Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Afrikaans Huistaal (KABV, Senior Fase) is ontleed, wat bevestig het dat die ontwikkeling van leesbegripvaardighede noodsaaklik is vir akademiese prestasie (DBO, 2011a). Die ontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Natuurwetenskap (KABV, Senior Fase) toon verbande met vakke wat leerders in die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase kan kies (DBO, 2011b). Vakkeuses in die wetenskappe is noodsaaklik vir leerders se betekenisvolle deelname in die samelewing. Uit hierdie ondersoek vloei riglyne vir graad 8-Natuurweten-skaponderwysers om lees-, kyk- en leerstrategieë in lesreekse te integreer om graad 8-Natuurwetenskapleerders in selfgerigte lesers en leerders te ontwikkel.

Palabras clave : Graad 8-natuurwetenskap; Leesprobleme In Suid-afrika; Multimodale Strategieë; Onderrigleerteorieë; Selfgerigte Lees En Leer.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons