SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The SeagullMax-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

OOSTHUIZEN, Izak  e  VAN DER WALT, Hannes. Van apartheid na 'n bedeling gegrond op fundamentele regte in Suid-Afrika: Het die politieke transformasie gelei tot 'n verbetering in onderrig en leer?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.139-153. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a8.

Gedurende die Suid-Afrikaanse apartheidsbedeling het talle aspekte van die samelewing mank gegaan aan die erkenning en toepassing van fundamentele regte soos vryheid, gelykheid en menswaardigheid. In plaaslike wetgewende bepalings was daar geen gelyke beregtiging vir mense van kleur nie. Die gevolg daarvan was dat leerders uit hierdie gemeenskappe ontneem is van gelyke toegang tot onderwysgeleenthede. Gedurende die 20ste eeu het verskeie internasionale instrumente verskyn wat die belangrikheid van gelyke toegang tot die onderwys vir almal uitgestippel het. Weens die heersende apartheidsbestel het die Suid-Afrikaanse regering nie hierdie dokumente onderteken nie, en gevolglik is nie een van hierdie dokumente amptelik geratifiseer vir toepassing in Suid-Afrika nie. Die negentigerjare, met die promulgering van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet, het egter 'n drastiese verandering in onderwysbeleid teweeg gebring. Veral die hoofstuk oor fundamentele regte in die Grondwet het sterk klem gelê op waardes soos vryheid, gelykheid, gelyke beregtiging en menswaardigheid, met inbegrip van gelyke, vrye toegang tot primêre onderwys. Internasionaal-vergelykende opnames sedert die grondwetlike oorgang skyn egter daarop te dui dat hierdie oorgang nie ook die verwagte uitkomste meegebring het wat die geletterdheids- en gesyferdheidsvermoëns van die leerders betref nie.

Palavras-chave : fundamentele regte; gelykheid; apartheid; verandering; onderwys; onderrig en leer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons