SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The SeagullMax-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OOSTHUIZEN, Izak  y  VAN DER WALT, Hannes. Van apartheid na 'n bedeling gegrond op fundamentele regte in Suid-Afrika: Het die politieke transformasie gelei tot 'n verbetering in onderrig en leer?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.139-153. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a8.

Gedurende die Suid-Afrikaanse apartheidsbedeling het talle aspekte van die samelewing mank gegaan aan die erkenning en toepassing van fundamentele regte soos vryheid, gelykheid en menswaardigheid. In plaaslike wetgewende bepalings was daar geen gelyke beregtiging vir mense van kleur nie. Die gevolg daarvan was dat leerders uit hierdie gemeenskappe ontneem is van gelyke toegang tot onderwysgeleenthede. Gedurende die 20ste eeu het verskeie internasionale instrumente verskyn wat die belangrikheid van gelyke toegang tot die onderwys vir almal uitgestippel het. Weens die heersende apartheidsbestel het die Suid-Afrikaanse regering nie hierdie dokumente onderteken nie, en gevolglik is nie een van hierdie dokumente amptelik geratifiseer vir toepassing in Suid-Afrika nie. Die negentigerjare, met die promulgering van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet, het egter 'n drastiese verandering in onderwysbeleid teweeg gebring. Veral die hoofstuk oor fundamentele regte in die Grondwet het sterk klem gelê op waardes soos vryheid, gelykheid, gelyke beregtiging en menswaardigheid, met inbegrip van gelyke, vrye toegang tot primêre onderwys. Internasionaal-vergelykende opnames sedert die grondwetlike oorgang skyn egter daarop te dui dat hierdie oorgang nie ook die verwagte uitkomste meegebring het wat die geletterdheids- en gesyferdheidsvermoëns van die leerders betref nie.

Palabras clave : fundamentele regte; gelykheid; apartheid; verandering; onderwys; onderrig en leer.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons