SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1Oskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OLIVIER, Bert. Kenniswerkers en neoliberale "goewermentaliteit" - Benda Hofmeyr se Foucault and Governmentality: Living to Work in the Age of Control. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.122-138. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a7.

Waarom werk sogenaamde "kenniswerkers" (insluitende navorsers en akademici), skynbaar (nood)gedwonge, selfs wanneer omstandighede sodanig is dat hulle aandag moet gee aan ander sake, byvoorbeeld familiebesoeke? In hierdie fassinerende en vir sommige lesers waarskynlik onthutsende boek bespreek Benda Hofmeyr hierdie saak op verhelderende wyse. Ter verklaring van hierdie verskynsel onderskei sy drie redes, naamlik die verwagting by werkgewers dat kenniswerkers optimaal produktief sal wees in ruil vir werksomstandighede wat bevorderlik is vir sodanige produktiwiteit, insluitende uiters soepele werksure; die beskikbaarheid van gevorderde tegnologiese middele wat dit moontlik maak om feitlik enige plek te werk (primêr konstante toegang tot die internet deur middel van verskeie tegniese apparate); en die belangrikste rede van almal, te wete dat kenniswerkers gedurig wil werk. Hofmeyr problematiseer haar ondersoek na hierdie belangwekkende fenomeen rakende die vrywillige, maar oordrewe (en dikwels uitputtende) pligsvervulling van kenniswerkers deur dit in die neoliberale "Era van Beheer" te situeer. Haar navorsing word behendig in die rigting van Michel Foucault se suggestiewe refleksies oor Neoliberale Goewermentaliteit gestuur (met ander woorde die vernuftige wyse waarop neoliberale samelewings "regering" (of "regeer") met 'n bepaalde gekultiveerde "mentaliteit" kombineer), waardeur 'n paradoksale subjek geskep word wat deur sowel onderworpenheid ("subjection") as "subjektivering" (die konstruksie of modulering van subjektiwiteit) gekenmerk word. Tweedens onderneem Hofmeyr 'n stelselmatige naspeuring van kenniswerk ("knowledge work") in 'n samelewing wat onwrikbaar daarop ingestel is om almal te beheer. Dit word gevolg deur 'n noukeurige betragting van die eienaardige verband tussen wat die antieke Grieke thumos (vurigheid) genoem het, enersyds, en motivering asook "gedwonge" ("compulsive") werk, andersyds. Die vraag na die skakel tussen "gedwonge" werk en neoliberale goewermentaliteit word ook onder die loep geneem voordat die belangrike kwessie van die lewensvatbaarheid van verset onder kenniswerkers bespreek word, met uiteenlopende resultate. Afgesien van deurlopende kritiese opmerkings oor die teks, word daar ook ten slotte eers in intern-tekstuele, en dan kortliks in ekstrinsiek-kontekstuele terme krities standpunt ingeneem ten opsigte van Hofmeyr se argument.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons